Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

“Interpretasie is immers &nn geduldige dissipline”: André Pretorius oor Adamastor http://t.co/ij2ebnf6t1

Protea Boekhuis Latest

Chris Sasner se Die Swart Kat slaan ’n vos en ander avonture heruitgegee

Die Swart Kat slaan â��n vos en ander avontureDie misdaadbestrydende Swart Kat het al met baie te kampe gehad, maar hierdie keer word sy kragte tot die uiterste beproef. ’n Sluwe swartgeklede skurk genaamd die Vlieënde Vos maak oral amok en dit wil voorkom asof dié vent wraggies kan vlieg! Het hy dalk spesiale kragte? En sal die Swart Kat sy kriptiese rympies kan ontsyfer voordat hy weer toeslaan?

Daar is ook ander raaisels: ’n Onopgeloste bankroof word jare later oopgevlek wanneer ’n verdagte in die saak uit die tronk vrygelaat word. Maar dan volg moontlik nog die grootste, ergste uitdaging wat dié gemaskerde held nog ooit in die gesig moes staar: moord!

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede