Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Potgooi: Luister na André Stolz se verwerking van Mis deur Reza de Wet

Die seeReza de Wet se bekende Afrikaanse drama Mis is in Mei op RSG as radiodrama uitgesaai. André Stolz het die drama tot radioteks verwerk en het ook een van die hoofrolle in die opname vertolk. In die potgooi van die opname word daar eers oor die verwerking van die drama gesels en daarna word die radiodrama gespeel.

 
icon for podpress  Standard Podcast: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!


Bederf jou kleinding met prettige kinderboeke van Protea Boekhuis

’n Nag in Wemelstad

 
â��n Nag in WemelstadAfter dark in ScurryvilleDit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig – oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad êrens heen en hulle beleef opwindende dinge soos ’n Boekwurmaand in die biblioteek, ’n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie ’n dief vastrek. Rotraut Susanne Berner se boek vertel van vladderende vlêrmuise, maanligstappies en snoesige beddens. Van allerhande dinge wat op ’n luilekker somersaand in Wemelstad gebeur.

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels as After dark in Scurryville.

* * * * * * * *
My familie: ’n Reis deur die tyd

 
My familieMy Family’n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode.

Ons reis deur die tyd vanaf die Neanderdalmens tot nou, en sien hoe hulle woon, hulself warm hou, watter troeteldiere hulle aanhou en soveel meer!

Ook besikbaar in Engels as My Family: A journey through time.

 

* * * * * * * *
Tommie en die toringhoë toebroodjie

 
Tommie en die toringhoë toebroodjieSammy and the skyscraper sandwichTommie is rasend honger en maak vir hom die grootste toebroodjie wat jy nog ooit gesien het. Wil jy ook ’n happie hê?

Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste toebroodjie ter wêreld te maak. Sal die toebroodjie met die sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies, appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, ’n lepel soet heuning en bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger te stil? Kom kyk bietjie hoe lyk ’n toringhoë toebroodjie!

Hierdie publikasie is ook in Engels beskikbaar, Sammy and the Skyscraper Sandwich.

* * * * * * * *
Een miljoen vlinders

 
Een miljoen vlindersIn die middel van die nag sien Martiens dit vir die eerste keer: die vlinders. Hulle vlieg om sy kop rond, een miljoen van hulle. Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers verstaan. “Dis tyd om te gaan,” sê hulle en gee vir hom alles wat hy op pad sal nodig kry.

Een miljoen vlinders is ’n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.

Bekroon met ’n Zilveren Griffel 2008 en die Plantin-Moretusprys 2008.

* * * * * * * *
Martie en haar ouma

 
Martie en haar oumaMartie is ’n ongeduldige, woelige kind.

Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik!

Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed. Op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.

’n Ontroerende storie en ’n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.

Boekbesonderhede

Video: Kwêla gaan kuier by Voetspore se Johan Badenhorst

Voetspore: Agulhas tot AlexandriëDie KykNET-geselsprogram Kwêla het by Johan Badenhorst gaan aanklop voor hy en die res van die Voetspore-span op hul agtste reis deur Afrika – hierdie keer van Kenia tot in Gaboen – vertrek het.

Badenhorst stel ook sy gesin aan aanbieder Rozanne Bishop voor en vertel waarom hy so lief is daarvoor om deur Afrika te reis.


Boekbesonderhede

“In Suid-Afrika is diskriminasie teen homoseksuele boaan die lys”: Pieter Cilliers praat oor Pilgrim

PilgrimPieter Cilliers, TV-vervaardiger en gay oudpredikant, wat in 1997 sy opspraakwekkende outobiografie ’n Kas is vir klere die lig laat sien het se Pilgrim het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Pilgrim is die Engelse vertaling van sy boek Soeker. Die Burger se Susan Booyens het met hom gesels oor geloof, menseregte, pyn en verwerping.

Potpourri, Carte Blanche, Première, Evita’s Funigalore, Pasella, Kwêla – Pieter Cilliers se naam is al 30 jaar lank sinoniem met gehalte-TV.

Maar hy is ook om ’n ander rede bekend: Sy boek ’n Kas is vir klere het van sy reis na selfaanvaarding vertel en destyds die debat oor homoseksualiteit in die Afrikaanse kerke aan die gang gesit.

Sy jongste boek, Pilgrim (by Protea Boekhuis), is die Engelse vertaling vir die wêreldmark van sy boek Soeker, wat twee jaar gelede verskyn het. Dit is ’n vervolg en uitbreiding van Kas, wat ook in gesprek tree met die baie briewe, ontroerend én veroordelend, wat Pieter sedertdien gekry het.

Boekbesonderhede

Van Kenia na Gaboen: Die Voetspore-span skop hul agtse reis af

Voetspore: Agulhas tot AlexandriëJohan Badenhorst en die res van sy Voetspore-span het pas vertrek op hul agtste reis deur Afrika. Hierdie keer ry hulle die ewenaar plat – van Lamu tot in Libreville, van Kenia tot in Gaboen.

Badenhorst hou Voetspore-aanhangers op hoogte van hulle vordering deur middel van daaglikse inskrywings en foto’s op hul Facebook-blad. Hy skryf oor die “nagmerrie”-verkeer wat hulle tydens Dag 1 in Nairobi ervaar het en oor hulle snorkel-avonture by Kisite.

Badenhorst se inskrywings en foto’s van die reis sal eindelik in boekvorm vervat word. Hulle vorige reis word gedokumenteer in Voetspore: Agulhas tot Alexandrië.

Lesers kan die reis ook via hul Tracks4Africa-kaart volg.

Dag 8, 8 Junie 2013

Ons is verder suid, weg van die Ewenaar. Dit raak tyd dat ons moet omdraai, maar nie voor ons die wonderwêreld van Kisiti op die grens met Tanzanië besoek nie.

Ons het Vaughan Shaw se plek verlaat teen nege uur die oggend. Ek het by die ATM in Diali gaan geld trek en met die teerpad suid gery. Teen tien uur het ons langs ʼn strand stilgehou. Dit was tyd vir my weeklikse gesprek met Derrich op RSG. Dit het ek gedoen teen die agtergrond van die Indiese Oseaan. Ons gaan die see vir maande nie sien nie. Volgende keer, so hoop ons, is dit die Atlantiese Oseaan.

Ons is verder. Van die teerpad is dit op ʼn grondpad na Shimoni. By die kantore van Kenya Wildlife het ons die voertuie parkeer en toegang tot die Kisite Marine Reservaat verkry. Toegang is $ 25 per persoon. Verder het ons ʼn boot gehuur vir KS 11 000. Dis nagenoeg R 1 300.

Boekbesonderhede

Nuwe kinderboek deur Lien Roux-De Jager: Oupa Olivier weet van niks

Oupa Olivier weet van niks‘n Oulike kinderboek uit die pen van Lien Roux-De Jager, Oupa Olivier weet van niks, verskyn vandeesmaand by Protea Boekhuis:

Oupa Olivier het baie seëls. Hy vertel ook lekker stories oor die seëls. Maar Stian kom agter Oupa Olivier vergeet baie dinge. Stian se sussie en boetie lag vir Oupa daaroor, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou.

Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twee later kon onthou waar die uitgang is nie…

Oor die outeur

Lien Roux-De Jager is ook bekend as roman- en jeugverhaalskrywer.Sy skryf ook onder die name Heléne Roux en Joléne de Koningh en het onder andere geskryf: Eendag was daar ’n oorlog (finalis vir die Sanlamprys vir jeuglektuur), Kamp F51, Salakwanda die Towenaar, Anderkant die berge, Monsterduiwe, Die Doemprofeet, Woestynvuur en Emma se oorlog.

Boekbesonderhede

Potgooi: Voetspore se Johan Badenhorst gesels regstreeks uit Kenia oor kosmaak op safari

Voetspore: Agulhas tot AlexandriëJohan Badenhorst se Voetspore-span het pas op hul jongste avontuur deur Afrika vertrek. Badenhorst het in Kenia ‘n tydjie afgeknyp om met OFM in verbinding te tree en vir hul luisteraars te vertel hoe hy kos maak as hy reis.

“‘n Mens kan nie net altyd braai nie,” sê Badenhorst. Hy raai luisteraars aan om ‘n “goeie speserykas” saam te neem en ‘n bietjie tyd aan beplanning te bestee.

 
icon for podpress  Johan Badenhorst [4:04m]: Play Now | Play in Popup | Download

Book details

Liefde en ongeluk: Lees Erla-Mari Diedericks se verhaal “Seekatliefde”

Still StandingErla-Mari Diedericks, skrywer van Still Standing, se kortverhaal “Seekatliefde” het onlangs in die gewilde vrouetydskrif rooi rose verskyn. In hierdie verhaal is die karakters Leon en Skat met vakansie op ’n Karibiese eiland, waar dinge effens skeefloop.

Ek is in die middel van ’n nagmerrie – en ek weet ek gaan nie wakker word nie. Ek en my man is in ’n luukse hotel op ’n Karibiese eiland in die middel van ’n groot oseaan. Buite ons kamervenster skitter die see blouselblou, maar al wat ek sien, is my oopgemaakte tas op die bed. Dis nie myne nie. Dit lyk soos my tas, en dit voel soos my tas, wat verduidelik hoe dit op die lughawe tussen die res van ons bagasie beland het. Maar dis nié my tas nie. En nou sit ek met ’n tas vol klere waarin ek nie dood gesien wil word nie.

“Is jy seker dis nie jou klere nie?” vra Leon. Ek moet op my tande byt om nie my oë te rol nie. Dis nie nou die tyd om sarkastiese opmerkings oor my eggenoot se gebrek aan verstand te maak nie. Ons is juis hier vir ’n tweede wittebrood – of wat ook al ’n mens dit noem as die fut uit jou huwelik is en jy dit wil terugblaas.

Boekbesonderhede

Cor Dirks se Die Uile in Mosambiek pas weer uitgegee

 Die Uile in Mosambiek (12)Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar in Cor Dirks se Die Uile in Mosambiek!

Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart wat die roete na ’n afgeleë eiland aandui, die eiland waarop die Uile toevallig vakansie hou.

Oor die outeur

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Dirks was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Dirks is in Augustus 2000 oorlede.

Boek se besonderhede

Drie splinternuwe Lillie die heksie-avonture: Sy kry met seerowers, ’n sirkus en ’n speuder te doen

Lillie is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. In ’n japtrap is Lillie fluks op pad om al wat ’n towerkunsie is onder die knie te kry … maar nie altyd sonder onverwagse gevolge nie. Boonop is niemand veronderstel om van haar toordery te weet nie – want sy is mos ’n geheime heksie!

Lillie die heksie by die seerowers

 
Lillie die heksie by die seerowersIn Lillie die heksie by die seerowers bevind Lillie haarself aan boord van ’n regte-egte seerowerskip te midde van bloeddorstige seerowers, met die gevreesde Bakkebaard as kaptein.

Hoe sal Lillie haarself uit hierdie penarie red?

Of is dit die seerowers wat sal moet oppas vir Lillie?

Lillie die heksie se sirkusbetowering

 
Lillie die heksie se sirkusbetoweringIn Lillie die heksie se sirkusbetowering is daar groot opgewondenheid wanneer Lillie se ma kaartjies kry vir die sirkus se galavertoning.

En natuurlik beplan Lillie om van haar towerkunsies gebruik te maak om van hierdie vertoning ’n onvergeetlike skouspel te maak!

Sal sy daarin slaag?

Lillie die heksie word ’n speurder

 
Lillie die heksie word â��n speurderIn Lillie die heksie word ’n speurder is Lillie se ma baie ontsteld wanneer haar fiets gesteel word.

Maar nie vir lank nie … Lillie toor vinnig die fiets weer terug!

Met behulp van haar towerboek is Lillie vinnig om die mees uitgeslape fietsdief se spoor.


Boekbesonderhede