Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Gedig: lees “toeval” deur Melt Myburgh

Melt Myburgh

OewerbestaanMelt Myburgh se nuutste digbundel Oewerbestaan palm vanuit elke oord lof in. Hiermee dan sy jongste gedig “toeval” asook ‘n onderhoud waartydens die digter praat oor die gedig se skeppingsproses.

toeval

hoe lieflik die toeval

daardie sondagmôre

in die avenida de los andaluces

sonder praat betree hy die bus

beklink sy passaat met uitgetelde munt

en neem twee sitplekke verder stelling in.

pepe el romano, my lippe klankloos.

 

Wanneer het jy dié gedig geskryf, Melt? Hoe het dit ontstaan?

Ek het die gedig geskryf na my terugkeer van Spanje waar ek onder meer Federico García Lorca se geboortedorp Fuente Vaqueros besoek het.

Vir daardie besoek in Januarie 2005 moes ek ʼn bus haal vanaf Granada na die digter se geboortedorp sowat 30km buite die stad. Dit was vroeg op ʼn Sondagoggend wat ek op die autobus in die Avenida de los Andaluces moes klim. Snerpend koud daarby.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment