Costa André Georghiou gesels met Johann Lodewyk Marais oor Diorama
Johann Lodewyk Marais sê die boodskap van natuurbewaring, wat hy met sy poësie oordra, het die vermoë om stadig maar seker na die breë publiek deur te werk.
“Die poësie is weliswaar ‘n betreklik esoteriese genre, maar…’n enkele gedig in ‘n skoolbloemlesing kan ‘n ontvantklike leser se verbeelding prikkel,” het Marais in ‘n onderhoud met Costa André Georghiou op die Versindaba webtuiste gesê. “Daardie soort ontvanklikes het die potensiaal om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.”
Georghiou meen Marais se gedigte in sy nuwe digbundel Diorama wys bykans duerentyd sy besorgdheid oor die aftakeling van die natuurlike omgewing aan sy lesers uit.
Georghiou: Johann, dit is vir my ‘n voorreg om hierdie vrae aan jou te stel na aanleiding van die publikasie van jou sewende en jongste digbundel, Diorama (2010). Ons het albei ver paaie geloop oor hierdie “dioramiese” aardbol en het nou meer vrae as ooit tevore.
Baie van jou gedigte herinner ‘n mens nogal aan die werk van ‘n bioloog of ekoloog. Dit kom weer eens in Diorama na vore. Vanwaar jou groot liefde vir die natuur?
Marais: Hoewel ek in Johannesburg gebore is, het ek my eerste twaalf jaar op ‘n plaas in die distrik Harrismith deurgebring waar my ouers geboer het. Wanneer ek oor myself praat, moet ek gewoonlik met hierdie woorde begin! Daarna het ek op Harrismith skoolgegaan waar ‘n mens min of meer altyd Platberg uit die hoek van jou oog kan sien, terwyl die Drakensberge natuurlik nie ver daarvandaan is nie. Hierdie landelike wêreld het nie noodwendig van almal natuurliefhebbers gemaak nie. Is Rocco de Villiers byvoorbeeld ‘n natuurliefhebber? Ek is van vroeg af aan die wisselende seisoene, die strawwe winters, die oostewind van Natal af en die ryk fauna en flora blootgestel. Ek het baie herinneringe aan relatief gelukkige kinderjare.
Boekbesonderhede
- Diorama: Gedigte deur Johann Lodewyk Marais
EAN: 9781869193652
Find this book with BOOK Finder!













Please register or log in to comment