Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Daniel Hugo se vertaling van “Wat is poëzie” deur Rutger Kopland

Onder die appelboomWat is poësie nou eintlik? Dít is die vraag wat die Nederlandse digter Rutger Kopland in een van sy gedigte probeer beantwoord.

Daniel Hugo vertaal Kopland se antwoord in die gedig “Wat is poëzie” soos volg in Afrikaans: “ek begin dink tot ek / aan ‘n skildery dink van Magritte / ‘n wolk in die vorm van ‘n rotsblok / ‘n rotsblok in die vorm van ‘n wolk”.

Hugo se vertaling van ‘n keur uit Kopland se werk, Onder die appelboom, het pas by Protea verskyn. Die volledige vertaling van ‘Wat is poëzie’, sowel as ander gedigte deur Kopland, kan op Versindaba se webblad gelees word.

Wat is poësie

In die verte groei die geruis
van ’n trein

stop sê sy en
sit die bandmasjien af

deur die vensters stroom steeds meer
swart lig die kamer in

is daar so-iets soos swart lig
sit ek en dink

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment