Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika: Nie alle boererate is nonsens nie (Plus: Rate vir sinusitis)

Volksgeneeskuns in Suid-AfrikaSommige boererate kan ‘n mens nogal kan laat glimlag. Heelwat van die 8705 boererate wat in die boek Volksgeneeskuns in Suid-Afrika versamel is, sal byvoorbeeld die lagspiere kiele, want dit berus op bygeloof, tradisionele mondeling oorlewing en veldkennis. Uit hierdie geskiedenis is dit interessant om te sien hoe ons mediese kennis ontwikkel het.

In die boek word daar byvoorbeeld na die gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer verwys. Maar alle boererate moet nie as nonsens afgemaak word nie. Health24 het ‘n paar boererate vir sinusitis beproef en ‘n lys opgestel van dié wat kan werk.

Die volgende boererate kan help om jou sinusse ordentlik te dreineer.

Drink ekstra vloeistowwe om mukus (slym) te verdun. Drink ten minste 8 glase (15 tot 20 is ideaal) water per dag. Party sinusitis medikasies mag jou dors maak.

Asem klam lug van ’n bevogtiger, ’n warm stort of wasbak met warm water in. Verhoog die humiditeit in jou huis, veral in die slaapkamers. (As jy allergieë het, hou die humiditeit onder 50% om die groei van swamme en stofmyte te keer.)

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment