Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Van Afrikaners in Angola na Afrikaners in Georgië: Boere wil weer trek

Afrikaners in Angola 1928-1975The reminiscences of William ChapmanDeur die geskiedenis heen was Afrikaner boere dikwels aan die trek.

Kyk nou maar net na die Dorslandtrekkers wat in die laat 1800’s / vroeë 1900’s van die Transvaal na Namibië en Angola getrek het. Nicol Stassen wy in sy boek Afrikaners in Angola ‘n hoofstuk aan hierdie trekkers en vertel verder oor hul afstammelinge wat tussen 1928 en 1975 in Angola geleef het. Ook The Reminiscences of William Chapman, wat deur Stassen geredigeer is, draai by die Dorslandtrekkers. Chapman, wat in 1874 gebore is, vertel in die boek van sy avontuurlike lewe in Namibië en Angola.

Nou blyk dit dat boere weer uit Suid-Afrika wil trek. Daar is ‘n gesamentlike projek deur die regering van Georgië en die Transvaalse Landbou-Unie van stapel gestuur om Suid-Afrikaanse boere in hierdie Oos-Europese land te hervestig. Deon Lamprecht, verslaggewer vir Rapport, het met die Venter-gesin van die plaas Boschpoort gesels, wat op 26 Maart al hul besittings gaan opveil en so gou as moontlik Georgië toe gaan trek, waar hulle hoop om boergrond te bekom:

Die sesjarige Francois Venter ryg al Georgiese frases uit asof hy in dié verre Kaukasiese land gebore is. Ma Juanita (36) Skype met Sandra Roelofs, die Georgiese presidentsvrou, asof hulle ou vriendinne is.
Die Venters van die plaas Boschpoort in die Belfast-distrik is besig om hul tasse te pak om na Georgië te verhuis.

Hulle is van die eerste Suid-Afrikaanse boere wat ingevolge ’n gesamentlike projek deur die Georgiese regering en die Transvaalse Landbou-Unie (TLU) hulle in dié land wil hervestig.

Hulle is keelvol. Hulle kan nie meer nie, sê pa Francois (52).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment