Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Joan Hambidge reageer op Pieter Cilliers se gay-debat

Joan Hambidge

SoekerIn 1997 het Pieter Cilliers die debat oor homoseksualiteit en die kerk aan die gang gesit met sy boek ‘n Kas is vir klere. Nou doen hy dit weer met sy nuwe boek Soeker en ‘n artikel wat hy twee weke gelede in Rapport geskryf het.

Die artikel, waarin Cilliers sê dat heteroseksuele mans meer verdraagsaam teenoor gay mans moet wees, het reeds reaksie van Allan Boesak en JB Roux uitgelok. Joan Hambidge het nou ook haar stem by die debat gevoeg. Sy skryf: “Ek dink nie Pieter Cilliers het ‘vasgehaak’ nie. Ek dink hy wys eerder daarop dat die onregte wat gepleeg is en mense genoop het om moeilike keuses te doen eers nóú begryp kan word. Dis hoe ek Soeker lees.” Lees haar repliek:

J.B. Roux skryf aanvallend in Weekliks (Rapport, 3 Julie) oor “Iets vars, nodig in suurgat-gay-debat”. Hy reageer op Pieter Cilliers se artikel “As die verstoteling sélf uitsluiter word” en in skerp woorde verwys hy hierna as nog ’n ondeurdagte relaas, en ek haal hom aan: “waarin die gay-kwessie so holrug gery word dat sy pens op die grond sleep”. Ondertussen het Roux ook Cilliers se bygewerkte uitgawe van ’n Kas is vir klere (wat Soeker heet) in Die Volksblad afgemaai.

Ek wil eerder reageer op Roux se pertinente aannames oor Cilliers se standpunt. Maar voor ons begin: Enige persoon wat tans deelneem aan die gay-debat of gay-gedigte skryf of resenseer, behoort kennis te neem van die lang stryd wat gay mense gevoer het om uit die kas te klim in Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment