Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Ghoera: Afrika-verse vir kinders, nuut van Hennie Aucamp

GhoeraEen van ons grootste skrywers in Afrikaans, Hennie Aucamp, het ‘n nuwe publikasie, Ghoera: Afrika-verse vir kinders, die lig laat sien:

Hennie Aucamp se belangstelling in en kennis van die verhaalkuns van die inheemse volke van Suid-Afrika word in hierdie versameling omdigtings met die subtitel Afrika-verse vir kinders weerspieël. Die bundel is in vyf afdelings verdeel en bevat vernuftige oorvertellings-op-rym van bekende en minder bekende verhale van die San, die Khoi en die swart volke. Daar is verse oor die ontstaan van die son, die maan en die sterre, verhale oor diere soos die skilpad-towenaar en die eerste eland en volstruis, ’n mite oor waar die eerste mens vandaan kom, die sprokie van die waterslang, en ’n aantal “hoe” – en “hoekom”-stories: Hoe Tarentaal sy spikkels gekry het, hoe Hasie sy haaslip gekry het en hoekom Reier se nek so skeef is. Die vernuftige wyse waarop Aucamp hierdie verhaaltjies in digvorm weergee, sal deur kinders en grootmense geniet word. Half vergete verhale word op hierdie wyse ook weer vir Afrikaanse lesers in herinnering geroep. ’n Aantal dieresketse van Zakkie Eloff wat dien as illustrasies vir die gedigte, maak van hierdie versameling iets waardevols en besonders.

Oor die outeur

Hennie Aucamp het in 1963 as kortverhaalskrywer gedebuteer. Benewens talle kortprosabundels het hy ook vyf digbundels gepubliseer en byna elke noemenswaardige literêre prys ontvang. Hy woon in Kaapstad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment