Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Hanlie Retief gesels met John Smit oor rugby se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland

Hanlie Retief gesels metJohn Smit se doelwit is om rugby se Wêreldbeker-toernooi vir die tweede keer te wen, nadat hy deel was van die wenspan in 2007. Die toernooi word van September tot Oktober vanjaar in Nieu-Seeland aangebied.

Hy het in ‘n onderhoud aan Hanlie Retief van Rapport gesê hy hou hierdie doelwit voor oë, ten spyte van al die kritiek dat hy te oud is om nog vir die Springbokke te speel. Lees die onderhoud hieronder en ander onderhoude wat deur Retief gevoer is in haar boek Hanlie Retief gesels met:

“Skryf my af as julle kan sien John Smit lyk nie bereid om dóód te gaan vandag op die veld nie. Dan het julle ‘n saak teen my, maar net dán.”

Dis nog daar, sien jy. In sy oë. Die honger vir wen.

“Ek wil deel wees van iets wat niemand nog in rugby reggekry het nie. Hierdie Bokke het al alles gedoen, alles gewen. Jeez, ons is deur die hele aftiklysie: Die Wêreldbeker, Drienasies, die Britse en Ierse Leeus, die All Blacks in Nieu-Seeland…

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment