Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe, hersiene uitgawe: Wat praat jy! deur Johanna de Wet

Wat praat jy!Wat praat jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met ’n eenvoudige voorbeeldsin verklaar. Dit word verder toegelig deur aan te dui van watter taal die uitdrukking of woord afkomstig is. C.J. Langenhoven het ’n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gemaak en De Wet toon ook aan wanneer ’n uitdrukking van hom afkomstig is. Heelwat spreekwoorde is afkomstig van die Bybel. Wat praat jy! is ’n besondere naslaanwerk.

Oor die outeur

Johanna de Wet het ná haar aftrede as onderwyseres in 1996 ’n doktorsgraad in die psigo-pedagogiek behaal. Haar belangstelling in die Afrikaanse taal en geskiedenis het gelei tot die samestelling van ’n aantal boeke, waaronder die kinder-trilogie Dierestories, Heldestories en Afrikastories en Hoopstad se mense onthou met waardevolle herinneringe aan die geskiedenis en karakters van die dorp. Sy woon steeds op Hoopstad waar sy haar aan haar skryfwerk wy.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment