Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Hennie Aucamp, Peter Snyders en Johann Nel lees gedigte voor by Open Book-skrywersfees

Hennie Aucamp Peter Snyders Johann Nel lees MM Walters se gedigte

Soos die blikkie kondensmelk wat jou ma vir jou na ‘n CSV-kamp ingepak het, só het Veruschka Louw van The Book Lounge die geleentheid getiteld “Wysheid met Grysheid” by die Open Book-skrywersfees beskryf. Peter Snyders en Hennie Aucamp se voorlesings uit hul werk en Johann Nel se voorlesing van MM Walters se gedigte by die geleentheid, aangebied in samewerking met Protea Boekhuis, was vir haar net so lekker soos ‘n soet verrassing in jou kampsak.

“Ek voel nou skoon nostalgies, al is ek veels te jonk daarvoor,” het Louw gesé. Sy het beklemtoon dat dit ‘n groot voorreg was om na die werk van hierdie drie groot geeste van die Afrikaanse letterkunde te luister – al was een van hulle afwesig.

GhoeraTekens van die tyeBraille-briewe

Peter Snyders het die geleentheid by die Distrik 6-museum geopen met die storie oor hoe hy ‘n digter geword het. Volgens hom was hy ontevrede oor die toestand van die busdienste. Hy het “Letters to the editor” geskryf, maar dit het niks gehelp nie. Toe probeer hy maar om ‘n gedig daaroor te skryf.

Snyders het twee van hierdie gedigte oor die swak busdienste vir ‘n kompetisie ingeskryf, in die kategorie “foreign language”, want “dit was nie Afrikaans nie, maar ook nie Engels nie”. Hy het gevoel sy “Kaaps” was ‘n “taal wat so tussen die krake geval het”.

Tot Snyders se verbasing het sy gedig “Strandfontein” wel ‘n prys gewen. Daarna is dit in die Sunday Times gepubliseer. Snyders kan getuig van die krag van poësie, want ná sy gedig in die koerant verskyn het, het die busdienste en die toestande by Strandfontein wel verbeter. “Dit wás toe beter as ‘n letter to the editor!”

Hennie Aucamp, ‘n meester van verskeie genres, het op sy beurt van sy kortverhale en gedigte voorgelees. Van die gedigte kom uit sy nuutste digbundel, Ghoera, ‘n versameling Afrika-verhale vir kinders wat deur Aucamp in verse omgesit is. Kyk ‘n video waar Aucamp ‘n gedig uit Ghoera voorlees:

YouTube Preview Image

MM Walters kon die geleentheid nie bywoon nie, maar die akteur Johann Nel het uit sy werk voorgelees. Waters se nuutste bundel heet Braille-briewe en Nel het vertel dat die subtitel eers “vir die wat nie wil sien nie” was. Nel het die gehoor ook meegedeel dat Walters, bekend vir sy satiriese verse, al twee keer in die kerk se sinode genoem is: Eers is hy as ‘n ketter bestempel, en daarna is hy ‘n profeet genoem!

Kyk ‘n video waarin Nel Walters se gedig oor die sinking van die Titanic voorlees:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment