Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Louis Esterhuizen se digbundel, Wat die water onthou, wen Proteaprys

Louis Esterhuizen wen die Proteaprys

Wat Die Water OnthouLouis Esterhuizen is as die wenner van die Proteaprys vir Poësie vir die beste Afrikaanse digbundel van 2010 aangewys vir sy bundel Wat die water onthou. Die prys is op Saterdagaand 24 September 2011 tydens die sewende jaarlikse Versindaba op Stellenbosch deur mev. Caro Wiese aan Esterhuizen oorhandig. Dit is die sewende jaar dat die prys toegeken is. Esterhuizen ontvang R10 000 prysgeld en ‘n geraamde protea.

Die volgende bundels was vanjaar onder die aanspraakmakers op die prys: Johan Lodewyk Marais met Diorama en Melt Myburgh met Oewerbestaan. Myburgh het tydens die Versindaba wel die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel in ontvangs geneem.

Die Proteaprys is voorheen aan Charl-Pierre Naudé (2005), Gilbert Gibson (2006), Antjie Krog (2007), Loftus Marais (2009) en Breyten Breytenbach (2008 en 2010) toegeken.

Oor die Proteaprys vir Poësie

  • Die prys word elke jaar toegeken vir die beste Afrikaanse digbundel wat by enige uitgewer gedurende die vorige jaar verskyn het.
  • Alle gepubliseerde digbundels gedurende die vorige jaar tot en met Januarie van die jaar waarin die prys toegeken word, verskyn het, kom outomaties in aanmerking.
  • ’n Bundel word dus eenmalig oorweeg vir die prys.
  • Bloemlesings, versamelde werke, vertaalde werke en herdrukke kom nie in aanmerking nie.
  • Dieselfde digter mag die prys meer as een keer (vir verskillende bundels) ontvang.
  • Die beoordelaarspaneel bestaan uit drie lede wat deur Protea Boekhuis aangewys word. Vanjaar was dit Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard en Henning Pieterse.

Commendatio (opgestel deur prof. Henning Pieterse)

Water, as oerbron, as heilige en geduldige element, is die sentrale beeld in hierdie bundel. Tematies word hierdie simbool en metafoor – met betrekking tot binding, ontkieming, begin, einde, lewe en dood, kuns, geheue en liefde – regdeur in fyn afgewerkte, liriese verse ontgin, onder meer by wyse van talle see- en rivierbeelde en metafiksionele “akwarelle”. Kaplinski se woorde “No self. Water again water” en reëls uit Van Ostaijen se “Melopee” word vernuftig verwerk in gedig na gedig. Telkens word verskeie fasette van water ingespan in verse oor jeugherinneringe en dan, veral, die liefde. Wat die water onthou is ’n hoogtepunt in Louis Esterhuizen se oeuvre en ’n waardige wenner van die Proteaprys vir Poësie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment