Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Woerts in die hoekie: Nuwe kinderverse deur Hennie Aucamp

Woerts in die hoekieHennie Aucamp bewys met Woerts in die hoekie dat hy ’n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is.

Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms’e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwêreld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voëltjies, goggas en paddas.

Aucamp skram egter nie daarvan weg om effens meer gesofistikeerde verwysings byna ongesiens in die verse in te glip nie, soos in die onsinversie oor oom Nathan die Ou Wyse en die verhaal van “Oorlede Dina Sourus”, wat die verse ook vir die voorlesers genotvol sal maak.

Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere gevoel vir ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel, soos blyk uit twee van die kort versies:

‘n Miskruier werk
by die Munisipaal
wat hom taks ‘n halfkroon
vir ‘n vrag betaal.

En:

Juffrou Matte Matie
leer somme wat nie skaad nie
“Drie plus vier is amper tien,
en tien min twaalf is sedertdien.”

Diek Grobler sorg vir die treffende illustrasies van die versies.

Oor die outeur

Hennie Aucamp het in 1963 as kortverhaalskrywer gedebuteer. Benewens talle kortprosabundels het hy ook vyf digbundels gepubliseer en byna elke noemenswaardige literêre prys ontvang. Hy woon in Kaapstad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment