Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut van Chris Marnewick: Clarence van Buuren: Die man agter die donker bril

Clarence van Buuren: Die man agter die donker brilClarence Gordon van Buuren is in 1957 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Hy hy tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes. Daar was beweer dat ‘n siener die lyk na ‘n seance opgespoor het. Daar was aanduidings van ‘n seksuele verhouding tussen Van Buuren en Aken. En daar was seksuele verminking van die lyk.

Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon n het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor.

Die getuienis wat in die hof gelei is is net die top van die ysberg. Die polisiedossier vertel veel meer. Inligting dui daarop dat Van Buuren ‘n narsissistiese psigopaat was en ‘n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. ‘n Emosionele vampier. ‘n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie. Die saakrekord het op al die plekke waar dit bewaar moes word verdwyn – die hof, die Appèlhof, die Prokureur-Generaal se kantoor en die provinsiale argiewe.

Die outeur het dit by die nasionale argief opgespoor in 2010 nadat dit vir meer as 60 jaar uit die oog was. Dit moes eintlik lankal vernietig gewees het, maar die speurder het dit gehou en sy weduwee het dit vir die outeur gegee. Die speurder het geen persverklarings gemaak nie en die inhoud van die dossier is steeds geheim. Die dossier spreek van ‘n deeglike polisieondersoek.

Die outeur skryf Clarence van Buuren: Die man agter die donker bril op twee bene: Wat werklik gebeur het soos deur hom gerekonstrueer. En hoe hy na 50 jaar se belangstelling in die saak uiteindelik die dossier opgespoor het.

Oor die outeur

Chris Marnewick is ‘n senior advokaat in Durban. Sy eerste fiksie-boek was Shepherds & Butchers, en het op die kortlys van M-Net Literêre Toekennings en Sunday Times verskyn. Hy was ook die outeur van The soldier who said No en A Sailor’s Honour.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment