Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Jan C Visagie, outeur van Voortrekkerstamouers, aangewys as Genealoog van die Jaar 2012

Voortrekkerstamouers 1835-1845Protea Boekhuis kondig met trots aan dat dr. Jan C Visagie pas aangewys is Genealoog van die Jaar vir 2012.

Die toekenning word gemaak deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en dit is aan dr. Visagie toegeken op grond van die tweede uitgawe van sy boek Voortrekkerstamouers, 1835-1845 wat deur Protea Boekhuis uitgegee is.

In hierdie teks het hy meer as 23 000 mense verbind met die Groot Trek en het ook 214 foto’s van die Voortrekkers gepubliseer wat hy opgespoor het tydens sy navorsing.

Protea neem met dank kennis dat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika melding gemaak het van die keurige versorging en uitleg van die teks.

Visagie is ’n senior lektor in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit is nie die eerste dat hy vereer word nie. Vantevore is hy al vereer met die D.F. du Toit Malherbe-prys, ’n toekenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns (2001) en die Margaret Cairns-toekenning vir Genealogie (2001).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment