Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

US Woordfees: Amanda Botha en Louise Viljoen gee ’n blik op Hennie Aucamp se Lendetaal

Hennie Aucamp

LendetaalLendetaal: Homo-erotiek in die kunste en in die letterkunde is ’n bundel essays deur Hennie Aucamp wat handel oor die homo-erotiese en die misterie van die naakte (manlike) liggaam in wêreldkuns- en literatuur.

By die geleentheid getiteld, “Die liggaam as landskap of die liggaam as katedraal”, by die US Woordfees, het Amanda Botha en Louise Viljoen, onderskeidelik kenners op die gebiede van kuns en literatuur, interessante perspektiewe op Lendetaal gegee.

Botha het die geleentheid geopen deur Aucamp oor die naakfiguur in die kunste aan te haal: “Dit is so oud soos die mensheid self. Dit is in die beeldende kunste, insluitende die homo-erotiek, die mees verkende en mees deursoekte onderwerp”.

Ter illustrasie het Botha na verskeie kunswerke en –foto’s uit die 19de en 20ste eeu verwys waar die menslike naakte liggaam, veral dié van die man, figureer. Volgens Botha is daar geensins ’n verskil tussen die wyse waarop manlike, vroulike en homoseksuele kunstenaars na die liggaam as landskap kyk nie.

Viljoen het uitgewys dat die titel van die bundel gepas aansluit by die onderwerp ter bespreking. Die titel Lendetaal beklemtoon nie net die fokus op die lende, die erotiese gedeelte van die liggaam nie, maar dui ook op die oopskryf van die homo-erotiese wat vir ’n lang tyd, soos die menslike heupe of lende, met ’n kleed bedek is. Volgens Viljoen spekuleer Aucamp ten slotte ook oor die toekoms van gay bloemlesings en ’n post-gay fase waar die literatuur en kuns nie meer so ’n definitiewe onderskeid tussen heteroseksuele kuns en die sogenaamde “andersheid” van homoseksuele kuns gaan tref nie.

Boekbesonderhede

Foto’s van Amanda Botha en Louise Viljoen te danke aan Izak Vertel

 

Please register or log in to comment