Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Heruitgawe van negende boek in reeks: Die Uile in die wapad deur Cor Dirks

Die Uile in die wapadSal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom?

Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie terwyl daar ’n voertuig van voor kom…

Gelukkig ontmoet hulle ’n vriendelike vragmotorbestuurder wat aanbied om hulle teen die lang bergpas uit te neem. Of is dit eerder ongelukkig?

Oor die outeur

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment