Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Eerste boek in die gewilde Swart Kat-reeks heruitgegee: Die Swart Kat slaan neer

Die Swart Kat slaan neerProtea Boekhuis gee die gewilde Swart Kat-jeugboekreeks van die tagtigerjare met nuwe, moderne illustrasies deur Willem Samuel uit. Die eerste boek in die reeks is Die Swart Kat slaan neer:

Soos ’n skaduwee bly die Swart Kat op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Die woord genade bestaan nie in sy woordeskat nie. Hy is vinniger as die pik van ’n mamba, geruisloser as ’n arend, so sterk soos ’n bees en so onverskrokke soos ’n ratel!

In hierdie reeks avonture kruis hy swaarde met ’n sluwe klouterdief, kunsdiewe en ’n gewetenlose terroris, en almal sal weet dat dit die Swart Kat is wat toegeslaan het…of sal hulle?

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans saam met sy vrou Cillah sedert 2003 op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor, bestuurder Perskorboekklubs, bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998. Hy doen ook vryskutwerk vir koerante en skryf kortverhale onder sy eie en skuilname vir verskeie tydskrifte.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die comic- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al in vele publikasies verskyn, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment