Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Susan Smith ondersoek ekopoësie met verwysing na Martjie Bosman se Toevallige tekens

Toevallige tekensIn ‘n akademiese artikel vir LitNet Akademies ondersoek Susan Smith die aard van ekopoësie aan die hand van Martjie Bosman se gedigte in haar bundel Toevallige tekens.

Smith sê onder meer dat Ekopoësie poësie is “wat nie uitsluitlik oor die natuur en ekologiese vraagstukke handel nie, maar op soek is na ’n wyse om deur middel van taal die samehang van die mensdom en die natuur te waardeer en te verstaan en as aksie uit te druk”.

In haar bundel toon Bosman tekens van die dood en verval aan, maar ook tekens van hoop, lewe en onverwagse skoonheid.

Die omskrywing en definiëring van die begrip ekopoësie binne die groter raamwerk van ekokritiek het nog weinig aandag in die Afrikaanse literatuurteorie ontvang. Ondersoeke na die aard en omvang van die ekokritiese beweging is, in die woorde van Buell (2005:1), “an increasingly heterogeneous movement” en loop ’n pad “bestrewn by obstacles both external and self-imposed”. As kritiese teorie het ekokritiek nog nie dieselfde status as byvoorbeeld postkolonialisme of postmodernisme bereik nie en die heterogene en interdissiplinêre aard daarvan maak presiese omskrywing moeilik. Die fokus is op ’n ondersoek na die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie en die daarstelling van ’n omvattende definisie. Vanuit hierdie teoretiese raamwerk word daar in die laaste, kleiner afdeling van die artikel enkele gedigte uit Martjie Bosman se bundel Toevallige tekens ontleed. As deel van ’n eerste, ondersoekende artikel word ’n aantal kenmerkende eienskappe gedefinieer en word daar nagegaan hoe hierdie eienskappe konseptueel en visueel in die geselekteerde gedigte gemanifesteer word. Die definisie en onderskeidende kenmerke van ekopoësie wat in hierdie artikel voorgestel word, kan gesien word as deel van ’n uitgebreide stel merkers wat verdere navorsing noodsaak en as vertrekpunt kan dien vir die daarstelling van ’n ekopoëtiese teorie in Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment