Potgooi: Louis Esterhuizen gesels oor Amper elders en verkope van digbundels
Louis Esterhuizen meen mense lees graag gedigte, te oordeel aan die geweldige aktiwiteit wat daar rondom die skryf en deel van verse op die internet is. Maar hy het ‘n spesmaas dat hierdie mense nie altyd kontemporêre digbundels koop nie.
“Dis soos om deesdae met ‘n houtraket te wil inskryf vir ‘n wêreld-tennsitoernooi,” het Esterhuizen in ‘n onderhoud op RSG se Skrywers en boeke-program aan Joan Hambidge gesê.
In die volgende potgooi gesels hulle ook oor Esterhuizen se neënde digbundel, Amper elders, sy bloginskrywings op Versindaba en sy rol as bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Esterhuizen wys daarop dat digbundels gelukkig nog dikwels topverkopers by dié winkel is.
Luister na die potgooi. Die onderhoud met Esterhuizen kom ongeveer op die 31min merk aan die beurt:
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- Amper elders deur Louis Esterhuizen
EAN: 9781869196905
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
















Please register or log in to comment