Potgooi: Voetspore se Johan Badenhorst gesels oor hul reise en ontwikkelings in Afrika
Die Voetspore-span, onder leiding van Johan Badenhorst, het oor ‘n tydperk van twaalf jaar sewe ekspedisies oor die Afrika-kontinent meegemaak en meer as 160 000 kilometer afgelê.
In ‘n onderhoud op die RSG-program Spektrum het Badenhorst gesê Afrika het sedert hul eerste reis baie meer toeganklik vir toeriste geword. Grenskruisings is makliker, korrupsie is aan die afneem en die stede ontwikkel blitsvinnig.
Die span se mees onlangse reis, van Agulhas tot in Alexandria, is Vrydagaande om 7:00nm op SABC 2 te sien. Badenhorst se joernaal van hul vorige reis, Casablanca tot die Kaap, is ook in boekwinkels beskikbaar.
Luister na die onderhoud:
- Laai dit nie? Luister op RSG
Boekbesonderhede
- Voetspore: Van Casablanca tot die Kaap deur Johan Badenhorst
Boek se tuisblad
EAN: 9781869194314
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!















Please register or log in to comment