Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Louis Changuion lug sy mening oor grondhervorming en die beleidskongres van die ANC

Louis Changuion, medeskrywer van Omstrede land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011, het by ‘n simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat kort voor die ANC se onlangse beleidskongres gehou is, sy voorstelle rakende die grondkwessie in Suid-Afrika gelewer.

Omstrede landChanguion meen die oplossing is dat bestaande boere hul eiendomsreg op hul grond moet behou en dat opkomende boere, van enige ras, grond by die staat moet leen. Opkomende boere wat hulself bewys het, kan dan eiendomsreg op hul grond kry. Bestaande boere moet hiervolgens bereid wees om ‘n sekere persentasie van hul grond af te staan om in die vraag na grond te voldoen.

Die ANC het egter by hul beleidskongres besluit dat die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper” geskrap gaan word. Wit kommersiële boere sal van hul produksiegrond verloor en onbenutte grond sal in die “openbare belang” onteien word.

Prof. Louis Changuion, ’n historikus en medeskrywer van Omstrede land, ’n boek oor die geskiedenis van grondverdeling in Suid-Afrika, het egter aan teenwoordiges gevra of die omstrede groenskrif oor grondhervorming (met sekere toegewings) nie eerder die antwoord is nie.

Dit is juis aanhalings uit Omstrede land wat dr. Pieter Mulder, VF+-leier, vroeër in omstredenheid gedompel het toe hy in die parlement gesê het daar is sterk bewyse dat “Bantoe”-sprekende mense in Suid-Afrika nie historiese aanspraak op 40% van bewerkbare grond het nie.

Die ANC se beleidskongres het ’n voorstel vir plafonne op produksie-landbougrond goedgekeur met die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper wat geskrap moet word.

Art. 25 van die Grondwet sal ná Ma­ngaung, waar dit bekragtig sal word, die meganisme wees waarvolgens grondonteiening gedoen sal word.

Die nuwe onteieningswetgewing moet ook “vrek vinnig” afgehandel word, is gesê.

Boekbesonderhede

eBook options – Download now!

  • eBook: Omstrede land : Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk, 1652-2011 deur Louis Changuion en Bertus Steenkamp
    LWB
    eBook type: PDF
    EAN: 9781869197926
    PDFDownload this eBook at LittleWhiteBakkie.com

Foto te danke aan Open Library

 

Please register or log in to comment