Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Tweede boek in gewilde reeks heruitgegee: Die Swart Kat slaan ‘n ster deur Chris Sasner

Die Swart Kat slaan \'n sterOp meesterlike wyse fnuik die Swart Kat enige aanslag. Ontvoering, terrorisme, diefstal – waar avontuur ook al broei, betree die Swart Kat onverskrokke en naamloos die misdaadarena.

’n Uitstalling van seldsame diamante gaan toevallig gepaard met die optrede van ’n gewilde sangpaar. Is dit dalk net die omstandighede wat kriminele hul kans sal laat waag? En dan is daar ’n slinkse rowerbende wat toeslaan op afdelingswinkels, en dwelmhandelaars wat gestuit moet word.

Die polisie sal natuurlik ook voorbereidings tref, maar ervaring het geleer dat dit die Swart Kat is wat die kastaiings uit die vuur sal moet krap…

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans saam met sy vrou Cillah sedert 2003 op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor, bestuurder Perskorboekklubs, bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer JP van der Walt tot met sy uittrede in 1998. Hy doen ook vryskutwerk vir koerante en skryf kortverhale onder sy eie en skuilname vir verskeie tydskrifte.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die comic- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al in vele publikasies verskyn, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment