Nuut van Piet van Rooyen: Vaarwel, klein soldaat
Vaarwel, klein soldaat, ‘n nuwe spanningsroman deur Piet van Rooyen, verskyn vandeesmaand by Protea Boekhuis:
Jim Thorpe is die bevelvoerder op die plaas Langlaagte in die Vrystaat. Hy noem sy geheime klein kommando die Leër van die Laaste Dae. Danksy Thorpe se militêre opleiding is hy en sy troepe gereed vir die onderdrukkers se aanslag. Thorpe se twee half-Sjinese dogters, Lulu-pai en Nicola, is ook deel van die kommando – en van die gevaarlikste soldate wat hy het.
Lulu-pai neem entoesiasties deel aan haar eerste sending in Johannesburg. Wanneer sy terugkeer is dit met meer selfvertroue en begin sy haar verset teen haar vader. Sy besef dat haar tweede sending haar gevaarlikste nog sal wees, en dat haar vader haar grootste en gedugste teenstander is.
Oor die outeur
Piet van Rooyen is ’n bekroonde romansier en digter. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, het die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie en die CNA-prys vir ’n debuutroman gewen. Die olifantjagters is met die M-Net-prys vir Letterkunde bekroon. Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.
Boekbesonderhede
- Vaarwel, klein soldaat deur Piet van Rooyen
Boek se tuisblad
EAN: 9781869197230
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment