Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Joan Hambidge gesels met Daniel Hugo oor sy nuwe digbundel, Hanekraai

HanekraaiDie titel van Daniel Hugo se nuutste digbundel, Hanekraai, dui volgens hom op verraad en ontwaking. In ‘n onderhoud op Versindaba het Hugo aan Joan Hambidge gesê dat die mens se verraad jeens die aarde en sy eie aard in gedigte soos “Evoluisie”, “Troetelgoed” en “Jurassic Park” ondersoek word.

Die idee van ontwaking kom veral voor in die erotiese verse aan die einde van die bundel. “Die titelgedig ‘As die haan kraai’ gaan redelik blatant oor die manlike ereksie,” sê Hugo.

Voorts figureer die haan ook as aankondiger van ‘n nuwe dag in die motto en in die laaste twee reëls van die bundel.

Jou nuwe bundel bevat gedigte oor ander digters. Hoe sien jy so ‘n gesprek? Is dit ‘n kritiese regstelling of aansluiting by daardie vakman?

Beide – dit kan ‘n kritiese regstelling by een wees, en ‘n simpatieke aansluiting by ‘n ander. Voorbeelde van die eersgenoemde soort is “Eksistensie” wat aan T.T. Cloete opgedra is of “Arthur Koestler (1905-1983)“, en van die laasgenoemde: “Twee kwatryndigters” wat handel oor Hennie Aucamp en Johann de Lange. Maar meestal is dit in memoriam-verse vir gestorwe skrywers wat van my waardering vir hulle werk en persoon getuig, soos die gedigte oor Ina Rousseau, Lucas Malan en Eugène N. Marais. Ek moes darem ook ‘n kwatryn wy aan die doyenne van die lykdig in Afrikaans:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment