Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Johan Badenhorst gesels oor die hoogte- en laagtepunte van die nuutste Voetspore-reis (Plus: Videos)

 
Die Voetspore-reis wat tans op SABC 2 uitgesaai word, Agulhas tot Alexandria, is al die span se sewende toer deur Afrika, maar steeds besoek hulle nuwe dele van die kontinent wat hulle nog nie vantevore gesien het nie.

VoetsporeJohan Badenhorst, die spanleier, het aan Amanda de Lange gesê dat hulle vir die eerste keer deur Rwanda getoer het en die wit woestyn in Egipte besoek het. In dié woestyn is massiewe kalksteenformasies wat deur die eeue gevorm is. “Dis die mees verstommende, vreemdste plek waar jy kan wees.”

Die laagtepunte van die reis word ook nie weggesteek nie. Anders as in die eerste reeks waar net die “mooi” dinge gewys is, vang die kamera nou ook vas wanneer die mans “moeg en vies en moedeloos” is.

Badenhorst se gewaarwordinge van hul vorige reis kan in die reisjoernaal, Voetspore: Casablanca tot die Kaap, gelees word:

As jy deel is van die span wat aan Voetspore werk, moet jy maar weet die kamera is koning. Maak nie saak hóé moeg of keelvol jy is nie, as daardie kamera in jou rigting draai, werk jy saam. Dieselfde geld as jy die (ongelukkige?) een is wat die einste kamera vashou.

Want Johan Badenhorst, die vervaardiger en regisseur van Voetspore wat tans op SABC2 te sien is, het nie dan vreeslik baie simpatie met jou nie.

Het jy tot dusver nie die program gevolg nie? Kyk ‘n paar lokprente van die episodes wat reeds vertoon is. Skakel vanaand om 6nm op SABC 2 in vir die nuutste episode.

YouTube Preview Image YouTube Preview Image YouTube Preview Image YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Voetspore se Facebook-blad

 

Please register or log in to comment