Merke, gereed, maak deur Pia Pedevilla bied kreatiewe handwerkplanne met weggooigoed
Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak. Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers én entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas.
Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7×7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.
Oor die outeur
Pia Pedevilla het kuns en bedryfskuns studeer en was vir baie jare kuns- en tegniese tekene-onderwyser. Deesdae is sy voltyds by die skryf, illustreer en ontwerp van handwerkboeke betrokke, en ontwerp en maak sy ook speelgoed.
Boekbesonderhede
- Merke, gereed, maak!: Meer as 300 handwerkidees vir klein handjies (en grotes) deur Pia Pedevilla
Boek se tuisblad
EAN: 9781869197001
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment