Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Nuut: Andre Pretorius se tweede bundel reissketse, Eilande en enklaves

Eilande en enklavesIn Afrikaans staan “eiland” teenoor “vasteland”, asof die afwesigheid van vastigheid kenmerkend van eilande is, skryf André Pretorius in sy tweede bundel reissketse, getiteld Eilande en enklaves. Hier ondersoek hy die afgesonderdheid en andersheid van eilande, wat immers so verskil van wat hulle omring.

Eilande is natuurlik veral daardie afgeleë stukkies land omring deur uitgestrekte oseane, maar hier kom ook plekke ter sprake wat deur hul geskiedenis of geloof of tradisie afgeskei word van die omringende wêreld.

Met sy vermoë om belesenheid met verwondering oor die vreemde te kombineer, word Pretorius in hierdie bundel weer ons gids na wêrelde wat vir die meeste van ons steeds onbereikbare eilande sal bly.

Oor die outeur

André Pretorius woon en werk in Cambridge, maar kom oorspronklik van Marble Hall. Hy skryf gereeld reissketse en artikels oor wyn, musiek en internasionale aangeleenthede vir Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte. Sy eerste bundel reissketse, Iets ver en nuut, het in 2010 by Protea Boekhuis verskyn.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment