Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Vader Jacobus van der Riet gesels oor Die onsienlike son en sy Ortodokse geloof

 
Die onsienlike sonJohannes de Villiers het ‘n diens by Vader Jacobus van der Riet, een van twee Afrikaanse Ortodokse priesters in Suid-Afrika, se kerk bygewoon. Van der Riet het pas ‘n bundel met 66 sonette oor die lewe van heiliges, Die onsienlike son, by Protea Boekhuis gepubliseer.

De Vlliers het ook met Van der Riet in sy Johannesburgse woonstel oor sy digkuns gesels, wat volgens hom ‘n “geloofs- eerder as ’n uitsluitlik letterkundige taak” is:

Dis niks ongewoons om op ’n Sondagoggend mense te kry wat in ’n huis in Eldoradopark kerk hou nie. Om elke draai in dié oorwegend Afrikaanssprekende township naby Soweto bid mense in ’n huiskerk saam of lê mekaar die hande op.

Maar in ’n huis in Waterpanstraat kolk wierook in die wintersonstrale wat deur die rooi gordyne val. Aan die mure hang ikone van antieke heiliges. Bleskop-heiliges, bebaarde heiliges, knielende heiliges, heiliges in hooftooisels.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Rapport

 

Please register or log in to comment