Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Keina Swart vertel van ‘n bekkige bulletjie in die Sondagskoolklas

Hoekom praat grootmense so snaaks?Keina Swart ken kinders. Dít blyk nie net uit die ATKV-Kinderboektoekenning wat sy verlede jaar vir Hoekom praat grootmense so snaaks? ontvang het nie, maar ook uit die volgende rubriek wat sy vir Rapport geskryf het.

Swart vertel van ‘n kriewelrige knapie in die voorskoolse Sondagskoolklas wat heel opgewonde geraak het oor die tema van “sondes”:

“Tannie, kyk my nuwe skoene,” sê die seuntjie met die loopneus. Dis die derde keer dat hy my storie onderbreek. Ek hét al na sy skoene gekyk. Twee keer.

“Hulle’s baie mooi,” sê ek, “maar ons is nou eers besig om oor sonde-dinge te praat.”

Hoe het dit nou weer gebeur dat ek my in die voorskoolse Sondagskoolklas bevind? Omring deur rokklouers, grensers en neusgrouers? Laas het ek nog genoeg kinders van my eie gehad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment