Video: Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs gesels oor Galgmeisie
Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs se Nederlandse historiese jeugroman, Galgenmeid, het vanjaar De Kleine Cervantes-prys gewen. Daniel Hugo het die boek pas in Afrikaans as Galgmeisie vertaal en dit is deur Protea Boekhuis uitgegee.
Tydens ‘n gesprek wat met die skrywerspaar by De Kleine Cervantes-toekenningsaand gevoer is, het hulle vertel van die navorsing wat hulle oor sestiende eeuse Nederland moes doen. Hulle moes hul in die tydperk inleef en het byvoorbeeld portrette gesoek wat in die sestiende eeu geskilder is wat die verskillende karakters in hul verbeelding kon verteenwoordig. Kyk die video:
- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Boekbesonderhede
- Galgmeisie deur Jean-Claude van Rijckeghem en Pat van Beirs, vertaal deur Daniel Hugo
Boek se tuisblad
EAN: 9781869196868
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment