Daniel Hugo bespreek die manier waarop vertaling die Afrikaanse digkuns verryk het
“Die Afrikaanse digkuns is byna 900 jaar oud en het begin met ‘n vertaling uit Latyn.”
Só het Daniel Hugo vertel by die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI / SATI) se driejaarlikse prysfunksie wat onlangs by die Universiteit van Johannesburg gehou is.
Hugo, self ‘n digter en vertaler, het met sy praatjie getiteld “Voël, Perd en Bul: Vertaling en die Afrikaanse Digkuns” verduidelik dat Oudnederlandse vertalings uit Latyn deel van ons Afrikaanse literêre erfenis is. Hy het ook gesels oor FW Reitz se vertalings uit Engels en Uys Krige se vertalings uit Spaans wat die Afrikaanse poësieskat verryk het.
Voordat ek by die eintlike onderwerp van my praatjie kom, eers ‘n kort woordjie vooraf.
Die graad van kulturele sofistikasie wat ‘n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde. In die Christelik-Westerse konteks word dan heel eerste gedink aan die Bybel. Dit was inderdaad ook van die heel begin af ‘n belangrike prioriteit van die mense – soos Arnoldus Pannevis en S.J. du Toit – wat Afrikaans as ‘n standaardtaal wou vestig. Met die verskyning van die volledige Bybel in 1933 is die belangrikste hoeksteen van Standaardafrikaans gelê. Maar ook die Oosterse kulturele en linguistiese bande van Afrikaans het formeel beslag gekry met die volledige oorsetting uit Arabies van Die heilige Qur’ān deur imam M.A. Baker in 1961.
Boekbesonderhede
- Hanekraai deur Daniel Hugo
Boek se tuisblad
EAN: 9781869197636
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
E-boek opsies – Laai dit nou af!
-
E-boek: Hanekraai deur Daniel Hugo

Tipe e-boek: PDF
EAN: 9781869198169
Laai hierdie e-boek by LittleWhiteBakkie.com af














Please register or log in to comment