Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Derde boek in gewilde reeks heruitgegee: Die Swart Kat slaan ‘n noot deur Chris Sasner

Die Swart Kat slaan ‘n noot deur Chris Sasner, met ‘n splinternuwe omslagontwerp en illustrasies deur Willem Samuel, verskyn vandeesmaand by Protea Boekhuis:

Die Swart Kat slaan \'n nootDie onverskrokke gemaskerde misdaadvegter, die Swart Kat, slaan waar dit die seerste maak. Hy slaan soms mis, maar wanneer hy toeslaan, slaan hy sommer ’n noot!

Wanneer ’n filmregisseur ’n wêreldberoemde diamant vir ’n fliek oor diamantroof wil “leen”, kry Borrie … e … die Swart Kat snuf in die neus.

’n Geslepe bende brandkluisrowers se planne moet gefnuik word by ’n nuwe teaterkompleks en ’n roof by die Grendel Bank kos amper die Swart Kat se lewe! Gelukkig het hy nege lewens, want met skurke soos Tosher, Polanksi en die grootkopdwerg Tjollie, sou ’n gewone misdaadbestryder nooit kon oorleef nie.

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die comic- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al in vele publikasies verskyn, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment