Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Danie Marais gesels met fotograaf Roger Ballen oor sy omstrede werk saam met Die Antwoord

DorpsDanie Marias het met Roger Ballen gesels oor sy foto’s van Die Antwoord en die musiekvideo wat hy onlangs vir hul lied “I Fink U Freeky” gemaak het. Volgens Ballen is sy fotografie geensins polities gemotiveerd nie. Oor ’n ligte middagete leer Marais meer oor dié kunstenaar en sy jongste fotoboek met voëls as onderwerp.

‘Ware kuns,” het Susan Sontag geskryf, “het die vermoë om jou senuweeagtig te maak.” Kuns kan ook baie ander dinge doen, maar ten diepste ongemaklik maak die ikoniese foto’s van Roger Ballen jou beslis. Hy het immers internasionaal beroemd geraak met sy tweede fotoboek, Platteland – Images from Rural South Africa (1994) – ’n versameling portrette van hoofsaaklik sogenaamde armblankes wat spook en aangryp, weersin wek en fassineer.

Ballen het dié foto’s geneem terwyl hy nog as geoloog sy brood en botter verdien het en dikwels deur dorpies gereis het.

Die 62-jarige fotograaf het weer die kunswêreld aan die gons met sy foto’s van Die Antwoord en die musiekvideo wat hy vir hul “I Fink U Freeky” gemaak het, maar hy lyk nie na ’n omstrede kunstenaar nie. In sy blou jeans en vlootblou-en-grys gestreepte trui kon hy maklik ’n afgetrede ingenieur of skeinat-onderwyser wees. Dat Die Antwoord soveel van hul styl en voorkoms op sy fotoboeke Outland (2001) en Shadow Chamber (2005) gebaseer het, is met die eerste bladskud onvoorstelbaar.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment