Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Johann Lodewyk Marais met SALA vereer vir sy digbundel Diorama

DioramaProtea Boekhuis kondig met trots aan dat Johann Lodewyk Marais ‘n Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning (SALA) ontvang het in die afdeling vir Afrikaans digkuns vir sy bundel Diorama.

‘n Welverdiende bekroning!

Lees die beoordelaars se lof vir Diorama:

“Diorama bevat van die mees deurdagte gedigte oor die natuur en die mens se verhouding met die natuur wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het. Die bundel is goed gebalanseer deurdat dit op verskillende wyses, in verskillende afdelings en deur middel van ‘n groot verskeidenheid digterlike vorme die leser uitdaag om betrokke te raak en verantwoordelikheid te neem vir verskeie vraagstukke met betrekking tot natuurbewaring en die natuurlike lewe in Suid-Afrika en die res van Afrika.

Deur klemlegging op individue wat op een of ander wyse by natuurbewaring betrokke was, soos Thomas Baines (die skilder wat kolonialisme deur sy skilderye uitgebeeld het), Jan Smuts (‘n kenner van grassoorte en skrywer van Holism and Evolution), Richard Leaky (bekend om sy paleontologiese studies in Kenia) en Jane Goodall (gorilla-kenner), word die sterk verhaalmatige aard van die bundel gesuggereer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment