Nederlandse jeugboek deur Benny Lindelauf nou in Afrikaans beskikbaar as Nege oop arms
Benny Lindelauf se bekroonde jeugboek is uit Nederlands na Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo en is vandeesmaand deur Protea Boekhuis as Nege oop arms vrygestel:
In die Nederlandse provinsie Limburg naby die dorp Sittard staan ’n verwaarloosde huis – ’n huis waar die sussies Muulke, Fing en Jes maar langtand is om in te trek. Van tragiese tragedies en ’n ewige gerondswerf het hulle in hul kort lewens al genoeg gehad. Wie wil immers in ’n bouvallige kasarm met ’n voordeur aan die agterkant en ’n drumpel op kniehoogte woon – en dan nog rekening hou met ’n pa wat vas glo éérs glo, dan sien? Maar wanneer die meisies ’n eienaardige ontdekking in die kelder maak, beland hulle op die spoor van ’n fassinerende verhaal: ’n Verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes – en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.
Oor die outeur
Een van die grootste inspirasies in Benny Lindelauf se skrywersloopbaan was sy eie ouma, by wie hy dikwels op die stoep gesit en teedrink het terwyl sy vir hom verhale oor haar en haar susters vertel. In 2005 word Nege Oop Arms met die Nederlandse Gouden Zoen bekroon vir beste jeugverhaal.
Oor die vertaler
Daniel Hugo is ’n baie bekende digter wat ’n gevestigde aanhang het. Hy lewer gereeld kritiese werk, veral oor die poësie, en is ’n gerekende vertaler van werk uit Nederlands en Vlaams.
Boekbesonderhede
- Nege oop arms deur Benny Lindelauf en vertaal deur Daniel Hugo
EAN: 9781869198190
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment