Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

In memoriam: Doc Immelman (1928 – 2013)

 photo DocImmelman_zps2dfd1a94.jpg

 
Afrikaanse veteraanskrywer Doc Immelman is verlede Vrydag, 8 Maart, in Windhoek op die ouderdom van 84 oorlede. Volgens sy dogter Lorraine Immelman-Steyn het hy die afgelope jaar aansienlik verswak, maar het hy steeds vertaalwerk gedoen en aan sy memoire geskryf. ’n Roudiens word later hierdie week vir hom gehou.

\'n Kwartmiljoen MauserpatroneDie wrede somerVyf Waens na San PedroDie Leeu Van OkarusewaVan Ruacana tot Rosh PinahDie wit hings van die NamibDie groot maroelas

 
Immelman was veral gesout in die avontuurgenre en hy was bekend vir avontuurverhale soos ’n Kwartmiljoen Mauserpatrone en Die Leeu van Okarusewa. Hy is in Goodwood in Kaapstad gebore as die oudste van twee seuns en het in 1950 na Namibië verhuis.

Sy dogters Lorraine en Yvette het ’n ruk gelede ’n webtuiste oor Immelman begin en hier skryf hulle dat hul pa is “aanmekaargeweef van kameeldoringhout en rooi duinesand, van salpeter op ’n perd se nek”.

Ons, sy dogters, bied hierdie webwerf as ‘n huldeblyk aan ons unieke en talentvolle pa – aan sy lewe, sy werk – sy lewenswerk. En bowenal aan sy wonderlike gawe om met woorde te skilder – om die leser die stof te laat ruik onder die kappende hoewe van ’n wilde hings en om jou die Walvisbaaise newel te laat voel prik op die vel.

Beeld het Immelman as “baasskrywer” beskryf:

Die gewilde avontuurverhaal-skrywer Doc Immelman (84) is in Windhoek oorlede.

Immelman is veral bekend om die romans Die bul van Kashimbo, Kurt Mauser en Die buffeljagter.

Lees ook Erika Terblanche se skrywersprofiel van Immelman:

In daardie tyd was ek in beheer van Human & Rousseau Uitgewers se kinder- en jeugboeke en populêre romans. Doc sou mettertyd etlike boeke vir ons skryf. Selfs toe het ek al besef hy is ’n ‘lewende legende’, ’n heel besonderse mens.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!


e-Boek opsies – Laai nou af!


e-Boek opsies – Laai nou af!


e-Boek opsies – Laai nou af!


e-Boek opsies – Laai nou af!


Foto te danke aan Doc Immelman.com

 

Please register or log in to comment