Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Karel Schoeman se Here en boere oor die Kaapse Van der Stels nou op die rakke

Here Karel Schoeman se vyfde en laatse deel van die Kolonie aan die Kaap-reeks, Here en boere, het pas by Protea Boekhuis verskyn

In die vyfde en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap word die opbloei van die VOC se vestigingskolonie aan die Kaap gedurende meer as ’n kwarteeu onder die twee Van der Stels beskryf, met die groeiende welvaart wat dit gekenmerk het en die eerste tekens van ’n eie koloniale kultuur onder die blanke bevolking.

In die eerste drie hoofstukke word Simon van der Stel se jeugjare op die eiland Mauritius en later in Batavia, sy verblyf in Nederland en sy aanstelling in 1677 as goewerneur van die Kaap bespreek. Die opkoms van ’n elite, hulle sosiale bedrywighede en die ontwikkeling van ’n koloniale kultuur aan die jong kolonie kom daarna aan die bod. Die laaste twee hoofstukke word gewy aan die omstrede en ongewilde goewerneurskap van Wilhem Adriaen van der Stel, wat sy vader in 1699 opgevolg het en in 1707 teruggeroep is na Nederland. Met die dood van Simon van der Stel in 1712 aan die Kaap word die vestigingsera van die kolonie afgesluit.

Oor die outeur

Karel Schoeman, een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers, het talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk is reeds talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment