Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Alfred Schaffer gesels oor sy gedig “Droombegin” uit Kom in, dit vries daar buite

Kom in, dit vries daar buite Versindaba het onlangs ‘n digstring-onderhoud met die Nederlandse digter Alfred Schaffer gevoer, waarin hy gesels oor sy gedig “Droomstart” (of “Droombegin” soos vertaal deur Daniel Hugo) wat albei in Kom in, dit vries daar buite verskyn.

Schaffer sê: “Die inhoud is weliswaar fiktief, maar die fantasie hier is ’n pure feit”. Hy voel die gedig gaan “oor ʼn nuwe begin, wat ook ’n afsterwe kan wees”. Die digter gesels ook oor die afhandeling van gedigte, invloede op dié spesifieke gedig en die bepaalde leser.

Lees die gedig en onderhoud:

Wanneer het jy dié gedig geskryf. Hoe het dit ontstaan?

Ek vermoed die gedig het iewers ontstaan tussen 2009 en 2011 – dit kan wees ek was nog in Amsterdam, maar ek is nie seker nie. Ek noteer nooit ’n datum of iets nie, hou nie ’n dagboek by nie en gooi al my aantekenings bewus weg. Die gedig het waarskynlik ontstaan uit los aantekeninge, en amper chronologies verder tot ’n vorm gekom.

Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Ek vermoed dit het vinnig sy finale vorm gekry – net klein wysigings het plaasgevind in die loop van die tyd.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment