Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Pirow Bekker gesels oor self-ironie, woordspel en sy jongste bundel, Atlas teen die vergeetrivier

Atlas teen die vergeetrivier “Self-ironisering en –kastyding bewaar jou as‘t ware van selfvertroeteling en –bejammering.” Só het Pirow Bekker onlangs in ‘n onderhoud op Versindaba aan Gisela Ullyatt gesê toe sy hom vra, “Tot watter mate dink jy behoort self-ironie ’n rol in die digkuns te speel?”. Ullyatt het met Bekker gesels oor sy jongste bundel, Atlas teen die vergeetrivier.

Ullyatt vra die digter onder meer uit oor die leitmotief van herinnering, sy fyn woordspel en die satiriese inslag van sy gedigte.

Gisela Ullyatt: Pirow, baie geluk met jou agste digbundel. Die omslagkuns is iets besonders. Het jy insae in die keuse van dit gehad?

Pirow Bekker: Dankie vir jou belangstelling en gelukwense. Ek beskou self die omslag as besonders en sal jou kompliment oordra. Ja, ek het insae in die keuse daarvan gehad. Uiteindelik was daar twee sterk moontlikhede, maar as span het ons op die een waar die lense oormekaar skuif, besluit.

GU: In ’n onlangse onderhoud met J.B. Roux (Die Burger, 9 November), dui jy aan dat Atlas teen die vergeetrivier ’n drieluik voltooi wat uit Stillerlewe (2002) en Van roes en amarant (2008) bestaan. Van die temas wat in al drie bundels belig word is die ouderdom, dood, liefde, en die natuur. Sou jy sê dat Atlas teen die vergeetrivier dieper delf as die eerste twee bundels binne die drieluik, veral wat liggaamlike verval en verganklikheid aanbetref?

PB: Hoewel elke bundel op sy eie bene kan staan, sien ek dit graag as ’n drieluik. Miskien is “drieluik” ’n te sterk inramende woord waar die sirkulerende motiewe voortbeweeg na die skynbaar onontkombare toe, soos ook in die bundeltitels gesuggereer: Stillerlewe, Van roes en amarant, Atlas teen die vergeetrivier. Stillerlewe verbind dit egter aan die skilderkuns en daarom is “drieluik” vir my gangbaar

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment