Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Gerrie van Eeden vertel van sy ervaring tydens die Voetspore-span se jongste avontuur

Voetspore: Agulhas tot AlexandriëTydens die Voetspore-span se jongste reis het hulle van Kenia na Gaboen gery om die ewenaar te verower. Gerrie van Eeden het vir ‘n rukkie saamgetoer en ‘n artikel vir WegRy geskryf oor sy ervaring saam met die bekende avonturiers en hul kameramanne.

“As mense van hul voorgenome reis gehoor het, was die deursneereaksie ’n lang, uitgerekte fluit, nes ’n mechanic wat ’n gat in die diff sien. Maar wat is ’n Voetspore-reis dan nou sonder ’n bietjie avontuur?” Van Eeden het van Mombasa na Nairobi saamgereis en skryf dat dit nie ‘n vakansie was nie, maar ‘n ernstige toer met drie Volkswagen Amarok-bakkies.

“Jy is ’n gevaar op die pad as jy bang is. Jy moet bereid wees om déúr die ander kar te ry,” verduidelik John die taxibestuurder met sy hande van die stuur af terwyl ons deur Mombasa se donker strate vleg. Hy’t my pas by die Moi-lughawe opgelaai en is op pad om my by Johan Badenhorst en die res van die Voetspore-span te gaan aflaai.

Om alles te kroon werk die straatligte lankal nie meer nie. En motorligte is vir John en ander bestuurders net iets wat jy vinnig flits as ’n ander kar in jou pad kom.

Ek sien voor my geestesoog hoe my enigste kans om saam met die Voetspore-manne te toer in ’n motorwrak langs ’n donker straat eindig. En ek wonder of my vrou vir my sal kom kuier in ’n hospitaal in Kenia.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment