Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Pieter Kapp bekyk die taaldebat by die Universiteit Stellenbosch in Maties en Afrikaans

Maties en Afrikaans‘n Nuwe boek oor die geskiedenis van Maties en Afrikaans verskyn hierdie maand by Protea Boekhuis:

Sedert die totstandkoming van die Universiteit Stellenbosch het ’n noue verband met Afrikaans bestaan. Die behoefte aan ’n tersiêre inrigting met Afrikaans/Nederlands as voertaal was immers die vernaamste enkele rede vir die ontstaan van dié universiteit. In die 1990’s het Afrikaans as voertaal by tersiêre instellings toenemend onder druk gekom, en Stellenbosch het nie die veranderende sienings en hewige debatte oor die rol van Afrikaans vrygespring nie. In 2002 het dié debat oor Afrikaans op Stellenbosch tot die openbare terrein toegetree toe Die Burger in ’n prominente voorbladberig die US se Konvokasie se kritiek op die voorgestelde nuwe taalbeleid van die Universiteit aangekondig het.

’n Komitee het aanbeveel dat US nie meer net ’n Afrikaanse universiteit moet wees nie maar ’n meertalige universiteit wat Afrikaans bevorder. Die Konvokasie het die teenoorgestelde aanbeveel: US moet ’n Afrikaanse universiteit wees wat meertaligheid bevorder. Dié debat het spoedig uitgekring en verskillende bevolkingsgroepe oor die hele land betrek. Die taalhistorikus Jaap Steyn het daarna verwys as die vyfde groot taaldebat oor die plek en rol van Afrikaans. (Die tweede van hierdie vyf debatte het ook op Stellenbosch afgespeel, in besonder tussen 1905 en 1918).

Aan die hand van uitgebreide dokumentasie wat korrespondensie, e-posbriewe en koerantartikels insluit, teken die skrywer die verhaal van Afrikaans op Stellenbosch op en bespreek die taaldebat van verskillende kante en vra ook indringende vrae oor die manier waarop die taalkwessie in die toekoms hanteer behoort te word.

Oor die outeur

Pieter Kapp is emeritus-professor in Geskiedenis en tans navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch. Sy mees onlangse kultuurhistoriese publikasie is die honderdjarige geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2009). Hy ontvang in 2010 die Stalsprys vir Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment