Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Marlies Taljaard ondersoek drie gedigte uit Vol draadwerk deur Marius Crous

 Vol draadwerk“Dit lyk beslis asof die digter vir die leser duidelike riglyne neerlê wat daarop dui dat die bundel gelees wil word met inagneming van bepaalde aspekte van die psigoanalise, soos dit onder andere deur Sigmund Freud, Jacques Lacan en Julia Kristeva beoefen word,” skryf Marlies Taljaard oor Marius Crous se bundel, Vol draadwerk.

Taljaard bespreek met behulp van literêre teorieë rondom die konsep van psigoanalise die eerste drie gedigte in Crous se bundel. “‘n In-diepte-ontleding van Crous se steun op Kristeva se teorieë sou beslis met vrug onderneem kon word. Die doel van die bostaande bespreking was egter slegs om enkele bronne te verskaf deur middel waarvan die leeservaring van die genoemde gedigte verruim en verryk kan word.”

Taljaard plaas ook die drie betrokke gedigte in haar artikel, naamlik “Gesonke Katedraal”, “Duiker by Ys-Eiland, Kus van Bretagne” en “Mesaien”:

GESONKE KATEDRAAL

die katedraal sak af in die water
soos valstande in ‘n glas wit grimas van steen
uit ruite en deure
van gate en openinge
van kantelende kandelare
altare wat oopkraak onder die water
die kruis wat wieg soos seebamboes
losgehaak tussen die dobberende mariabeelde
wanneer hy neergeplof het op die rug van die see
sal ek in en uit by hom kan swem
sal ek die timbre en die seegroen toonkleur van debussy
nog kan hoor

Boekbesonderhede

eBoek opsies – Laai nou af!


 

Please register or log in to comment