Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Danie Botha deel ’n brief oor die nagevolge van die vloedramp van 1981

Voetligte en applous!Danie Botha, outeur van Voetligte en applous!: Die beginjare van die Afrikaanse beroepstoneel, het onlangs ‘n brief van een van die slagoffers van 1981 se groot vloed gedeel op LitNet.

“Dit vertel van die minder bekende geskiedenis van die vloedramp: hoe dit die mense van Ladismith getref het. Dis ’n brief van Suzanne Crafford (tans mevrou Le Grange) aan haar kinders vanaf die plaas Voorbaat naby Ladismith,” skryf Botha.

In die brief skryf Crafford oor die verlies en nagevolge van die 1981-vloed: “Dit was een massa water en dit het so aan die onderkant van die grasperkie geraak. Slegs ’n klein stukkie wingerd het bly staan. Ons het geloop waar eers wingerd en perskeboorde was. Die wingerd is toe onder modder, plat gestoot; net hier en daar steek trosse druiwe uit.”

Liewe kinders

Soos julle sien, is ek op Voorbaat. Jan het vir my en Ouma Saterdag kom haal en sou ons Sondag terugneem. Sedertdien sit ons hier vasgekeer. Ek voel soos ’n bobbejaan wat in ’n hok gevang is! Hier is te veel om te skryf. Julle het gehoor van die vloed by Laingsburg. Sondag al kon ons nie deur die rivier nie.

Sondagnag voor 11 uur was dit of die hel losgebars het. Kort tevore het die sentrale gebel en gewaarsku dat die bure hoër op laat weet het dat die rivier buite beheer is. Toe ons Sondagnag op die voorstoep staan, kon mens net die vaalwit van die water oor die wingerd sien. Dan die vreeslike gedruis en geluid wanneer die pale waaraan wingerd opgelei is, breek.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment