Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Woordfees 2014: Internasionale skrywers Bart Moeyaert en Naomi Perquin lees voor uit hul werk

 
BroersDie bekende Vlaamse skrywer Bart Moeyaert en die Nederlandse digter Naomi Perquin is tans op besoek in Suid-Afrika om aan die US Woordfees op Stellenbosch deel te neem.

Gister het dié digters uit hul werk voorgelees en Helené Prinsloo van Books LIVE was daar om ons via Twitter op hoogte te hou van die gebeure. Moeyaert se boek Broers, ‘n versameling sketse oor sy wedervaringe met sy ses sibbe, is deur Daniel Hugo vertaal en deur Protea Boekhuis in Afrikaans uitgegee.

“Ek is geteken deur my kindertyd,” het Moeyaert gesê oor sy grootwordjare as die jongste van sewe seuns en oor sy jeugherinneringe voorgelees. Perquin het gesels oor haar eertydse werk as tronkbewaarder om vir haar poësiestudies te betaal en ook gedigte voorgedra.

Lees die twiets wat regstreeks vanaf die geleentheid gestuur is:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment