Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Jacques du Preez en Pieter Kapp bespreek Maties en Afrikaans by die US Woordfees 2014

 
Pieter Kapp se boek Maties en Afrikaans skets ‘n oorsig van 100 jaar se gesprekke rondom die behoud en belang van Afrikaans as voertaal by die Universiteit Stellenbosch en poog om objektiewe insigte te bied tot hierdie komplekse saak.

Maties en Afrikaans Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting het op Vrydag 14 Maart met Kapp in gesprek getree oor sy belangrike bydrae tot die taalkwessie by die US Woordfees 2014.

“Jy kan nie Afrikaans verstaan as jy nie Stellenbosch verstaan nie en jy kan nie Stellenbosch verstaan as jy nie Afrikaans verstaan nie,” het Kapp sy beweegrede vir sy navorsingsprojek verduidelik. Kapp is emeritus-professor in Geskiedenis en tans navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch. In 2010 het hy die Stalsprys vir Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Helené Prinsloo van Books LIVE het regstreeks vanaf die geleentheid met #Woordfees2014 getwiet:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment