Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Skulp redaktrise Martjie Bosman bring hulde aan Hennie Aucamp

SkulpMartjie Bosman, redaktrise van Hennie Aucamp se laaste digbundel Skulp, het onlangs in ‘n artikel vir Rapport hulde gebring aan die ontslape digter. “Wie ook al met hom te doene gehad het, het hoë lof gehad vir sy toegewydheid en kundigheid as dosent, sy beleefdheid en vriendelikheid in die omgang, sy gesofistikeerde smaak betreffende die beeldende kunste, die teater, musiek,” skryf Bosman. Sy was verantwoordelik vir die versorging van Aucamp se laaste vyf bundels.

Bosman prys sy jongste werk: “Soos sy vorige bundels, was ook Skulp tot in die vesels toe versorg, steeds die werk van ’n meester.” Lees haar huldeblyk aan Aucamp:

Sedert 2008 was dit my voorreg om die vyf digbundels van Hennie Aucamp wat by Protea Boekhuis verskyn het, te hanteer. Toe ek moes begin werk aan Vlamsalmander was ek natuurlik effens bedug om redakteur te wees van die skryfwerk van iemand wat as een van die fynste stiliste in Afrikaans bekend staan. Aucamp se reputasie as skrywer, letterkundige en opvoedkundige het hom immers vooruitgeloop.

Maar ek het ook geweet dat dit Aucamp die mens was wat groot indruk gemaak het op kollegas, studente en jong skrywers. Wie ook al met hom te doene gehad het, het hoë lof gehad vir sy toegewydheid en kundigheid as dosent, sy beleefdheid en vriendelikheid in die omgang, sy gesofistikeerde smaak betreffende die beeldende kunste, die teater, musiek.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment