Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut: Die storie van planeet aarde deur Abigail Wheatley, vertaal deur Amelia de Vaal

Die storie van planeet aarde, deur Abigail Wheatley, vertaal deur Amelia de Vaal, verskyn eersdaags by Protea Boekhuis:

Die storie van planeet aardeHoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie. Op ‘n gemaklike verteltrant en met hope foto’s en illustrasies neem Die storie van planeet aarde die leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar net ‘n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende planeet wat dit vandag is.

Oor die outeur en vertaler

Die skrywers van Die storie van planeet aarde maak deel uit van die onafhanklike Britse uitgewershuis Usborne se span vakkenners, wat verantwoordelik is vir verskeie gerekende opvoedkundige publikasies. Usborne is onlangs as Britse Kinderboekuitgewer van die jaar 2012-2013 bekroon – ‘n prestasie wat die belang van Protea se samwerking met die instansie bevestig en belig.

Amelia de Vaal behartig die vertaling van verskeie fiksie- en niefiksietitels wat onder die Protea-logo uitgegee word, waaronder die Storie Van-reeks, ook in samewerking met Usborne.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment