Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Philip de Vos: “Alles wat ek doen, is speel”

 

“Alles wat ek doen, is speel.” Só het Philip de Vos onlangs in ‘n onderhoud aan Nelia Richter gesê toe sy by hom gaan aanklop het om te hoor hoe dit deesdae met hom gaan en waarmee hy homself so jonk en besig hou. De Vos verjaar op 16 Junie en word dan 75 jaar oud. “Ek neem myself nie te ernstig op nie. Ek hoop ook ek laat mense lag, hoewel ek myself nie altyd kan laat lag nie.”

Vincent van GoggaMallemeulemanWolfgang Amadeus MuisBelladonna, Prima DonnaKop op \'n blok

 
De Vos gesels skertsend oor sy groot oeuvre – wat onder meer liedtekste, foto’s, verse, vertalings en radioprogramme insluit – en die dinge wat sy hart gesonder laat klop. Hy noem dat hy so lank as wat hy kan nog wil aanhou skryf en foto’s neem: “Ek moet aanhou. Jy kan nie net sit en wag vir die dood nie.”

Op sy publikasielys staan 25 boeke, sowat 50 rymvertalings en twee radioreekse oor komponiste, en verse wat hy vir klassieke musiekwerke soos Pieter en die wolf, Saint-Saëns se Karnaval van die diere, Moessorgski se Prente by ’n uitstalling en Robert Schumann se Tonele uit kindertyd geskryf het – nie sleg vir iemand wie se eerste boek op 45 verskyn het nie.

Oor die stewige handvol pryse, onder meer die Eugène Marais- en M.E.R.-pryse, asook ’n internasionale Ibby-prys vir Die spree met foete, ’n vertaling van Annie M.G. Schmidt se versies, staan hy nie graag stil nie. “Ag, dis nie vreeslik belangrik nie,” verander hy vinnig die onderwerp.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment